Emja Langeveldt en Ockert Davis
30 · 01 · 2027
Monica's Chapel · 16:00
Gourikwa Nature Reserve, Gouritsmond
Kleredrag: Semi-formeel
RSVP voor 30 November 2026
RSVPDie aftelling
Die tyd tik af vir ons bruiloffees!
Die naweekprogram
Kom geniet ’n heerlike naweek saam met ons by Gourikwa
Vrydag, 29 Januarie 2027 Opsioneel
-
18:00
Informele eet en kuier
Die Poolhouse
Burgers en slaai vir eie rekening.
Kleredrag: Informeel
Klik vir inligtingSaterdag, 30 Januarie 2027
-
15:30
Gaste neem sitplekke in
Monica's Chapel
Gaste word vriendelik versoek om teen 15:30 hul sitplekke in te neem. Ons vra dat gaste met kinders of babas agter naby die uitgang sit, sodat hulle maklik na buite kan beweeg indien nodig.
-
16:00
Seremonie
Monica's Chapel
-
17:00
Canapés
Langs die Protea-saal
-
18:30
Onthaal
Protea-saal
Kontantkroeg beskikbaar.
Kleredrag: Semi-formeel
Reis na Gourikwa
Gourikwa Nature Reserve
Gourikwa Coastal Nature ReserveBuffelshoek 15Gouritsmond, 6696Wes-Kaap Wys my die roete (maak in ’n nuwe blad oop)- Naaste lughawe
- George-lughawe (GRJ) is ongeveer ’n uur se ry van Gourikwa af.
- Waar dit lê
- Gourikwa lê tussen Mosselbaai en Stilbaai, net buite Gouritsmond.
Verblyf
Gourikwa Nature Reserve het genoeg verblyf vir al ons gaste as julle vroegtydig bespreek.
Alle eenhede is pragtig en goed uitgerus vir selfsorg.
Bespreking
Kontak Gourikwa direk, voor 30 November 2026, vir julle bespreking.
Dui aan dat julle vir die Langeveldt/Davis-troue bespreek.
Besprekings is aanlyn geblok vir die publiek tot en met 30 November 2026.
Gourikwa Nature Reserve
Buffelshoek 15, Gouritsmond
Vrydagaand
29 Januarie 2027
Kom geniet die aand saam met ons
- Tyd
- 18:00
- Plek
- Die Poolhouse, Gourikwa Nature Reserve
- Ete
- Burger en slaaiOpsie tussen hoender en beesBring asseblief eie drinkgoed.
- Kleredrag
- Informeel
- Koste
- R140 per persoonBetaalbaar voor of op 30 Desember 2026
- RSVP
- 30 November 2026
Betaling
- Naam
- HC Langeveldt
- Bank
- ABSA Somerset Wes
- Rek nr
- 4047 143 003
- Tak
- 334 712
- Verwysing *
- Jou naam en van
Die verwysing is nie opsioneel nie. Sonder jou naam en van daarby is die inbetaling net 'n bedrag, en ons kan nie sien wie betaal het nie.
Geskenke
Julle teenwoordigheid op ons troue is ons grootste geskenk. As julle egter vir ons ietsie wil gee, sal ’n kontantbydrae tot ons toekoms saam opreg waardeer word. As julle eerder ’n geskenk wil gee, sal ons dit net so waardeer! Ons sal ’n geskenktafel en boksie by die onthaal plaas, of as julle verkies, hier volg ons rekeningbesonderhede:
- Naam
- E Langeveldt
- Bank
- ABSA Strand
- Tipe
- Tjekrekening
- Rek nr
- 9332464062
- Tak
- 632006
RSVP
Voor of op 30 November 2026
Vir die Vrydagaand-kuier & Saterdag se troue
- Tik enige naam op jou uitnodiging in die spasie.
- Klik op “Vind jou uitnodiging”.
- Antwoord vir elke persoon afsonderlik.
Die spelling hoef nie perfek te wees nie.
Dankie
Iets verkeerd? Stuur ons 'n e-pos en ons maak dit reg.
Vrae
Wat is die kleredrag?
Semi-formeel.
Is kinders welkom?
Kinders wat ’n uitnodiging ontvang het, is hartlik welkom om saam met ons die seremonie en onthaal te geniet. Ons versoek egter vriendelik dat ouers met kinders of babas, indien hul kindjie rusteloos raak of die seremonie onderbreek, asseblief vir ’n oomblik na buite beweeg. Ons waardeer julle begrip en samewerking om die spesiale oomblikke van ons dag saam met ons te koester.
Gourikwa het ’n groot ingerigte speelkamer met tafeltennis, ’n pooltafel, TV met flieks, speletjies en meer, ’n paar treë vanaf die Protea-saal. ’n Babysitter, vir julle eie rekening, kan gereël word om julle kind daar op te pas tydens die onthaal, of ook tydens die diens. Indien julle van hierdie diens gebruik wil maak, kontak Gourikwa direk.
Wat eet die kinders?
Kinders van 4 tot en met 12 jaar gaan kos van ’n kinderspyskaart geniet wat vooraf met julle bevestig sal word.
Hoe laat moet ek sit vir die troudiens?
Wees asseblief teen 15:30 by die kapel sodat almal gemaklik kan sit. Die seremonie begin om 16:00. Onthou dat die rit vanaf George-lughawe omtrent ’n uur neem.
Hoe bespreek ek verblyf?
Skakel Gourikwa direk of stuur ’n e-pos, en dui aan dat jy vir die Langeveldt/Davis-troue bespreek — aanlyn besprekings werk nie vir ons naweek nie. Tel 087 702 9126, WhatsApp 072 116 8074, of info@gourikwa.co.za. Doen dit asseblief voor 30 November 2026: vanaf 1 Desember word die eenhede vir die publiek oopgestel en kan enigiemand dieselfde huisies bespreek.
Ek het ’n dieet-versoek — waar sê ek dit?
Sit dit asseblief by jou RSVP in, dan gee ons dit betyds deur.
Iets wat ons nie gedek het nie? Vra gerus vir Riana Langeveldt
Ons twee